Ubuntu (Linux)

Ubuntu
Die Ubuntu Linux kenteken
Die Ubuntu Linux kenteken

Ubuntu 22.04 wat GNOME loop
Webwerf:ubuntu.com Edit this at Wikidata
Maatskappy/
ontwikkelaar:
Canonical Ltd / Ubuntu Foundation
Bedryfstelsel-familie:Linux
Bronkodemodel:Vrye en Oopbron Sagteware
Jongste stabiele uitgawe:24.04 LTS[1][2][3] Edit this on Wikidata / 25 April 2024
Platforms wat ondersteun word:i386, AMD64, ARM
Kerntipe:Monolitiese kern
Verstek-gebruikerskoppelvlak:GNOME
Lisensie:GPL en ander lisensies
Status:Tans aktief

Ubuntu, /ùbúntú/ (oe-boen-toe), is 'n hoofsaaklik tafelrekenaar georiënteerde Linux-verspreiding, gebaseer op Debian GNU/Linux. Dit word geborg deur Canonical Ltd (wat deur Mark Shuttleworth besit word), en die naam kom van die Suid-Afrikaanse konsep Ubuntu—rofweg, "menslikheid teenoor andere". Dit verskil van Debian in die opsig dat daar elke 6 maande 'n uitgawe is en dat ondersteuning vir ten minste 18 maande na die vrystelling van die uitgawe verskaf word,[4] en die sterk klem wat op bruikbaarheid geplaas word.

Ubuntu uitgawe 6.06 LTS, met die kodenaam "Dapper Drake", is op 1 Junie 2006 vrygestel en sal vir 3 jaar op tafelrekenaars en 5 jaar op bedieners ondersteun word, inplaas van die gewone 18 maande.[5] Ubuntu poog om slegs vrye sagteware te gebruik om 'n nuwerwetse dog redelik stabiele bedryfstelsel vir die gemiddelde gebruiker te verskaf. Ubuntu het 'n lewendige gebruiker- en steungemeenskap.[6][7]

Kubuntu en Xubuntu is amptelike subprojekte van die Ubuntu-projek om die KDE en Xfce Werkskermomgewings onderskeidelik na die Ubuntu kern te bring. Edubuntu is 'n amptelike subprojek wat "vir skool omgewings ontwerp is, en wat ewe geskik behoort te wees vir kinders om tuis te gebruik."

  1. Error: Unable to display the reference properly. See the documentation for details.
  2. Error: Unable to display the reference properly. See the documentation for details.
  3. Error: Unable to display the reference properly. See the documentation for details.
  4. "ubuntu/releases – Ubuntu" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2008. Besoek op 11 Maart 2006.
  5. "Announcing Beta release of Ubuntu 6.06 LTS" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020. Besoek op 26 April 2006.
  6. "community – Ubuntu" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 11 Maart 2006.
  7. "XYZ computing article on kubuntu" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2006. Besoek op 11 Maart 2006.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search